Vaalbank se rommelhope opgeruim Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 24 May 2016 10:33
Untitled Document

Vaalbank se rommel is in April opgeruim. Dié skoonmaak-aksie was die eerste taak van die nuwe AfriForum-Bronkhorstspruittak wat in die middel van April gestig is.

Met die skoonmaak op private grond waar die rommel onwettig gestort is, is die besonderhede van die persoon wat die rommel gestrooi het, verkry. Sowat een en ’n halwe bakkievrag rommel, waaronder pornografiese materiaal, is aan hom teruggegee.

“Die naaste wettige stortingsterrein is slegs 10 km van die plek waar die rommel gelos is,” het Shawn Scott, bestuurslid van AfriForum se Bronkhorstspruit-tak, gesê.


Die rommel wat opgeruim is
Foto: AfriForum

“Dit gebeur al hoe meer dat landelike areas gebruik word vir onwettige storting,” het Tarien Cooks, AfriForum se provinsiale koördineerder vir Gauteng-Noord, bygevoeg.

In 2014 het ons berig dat Vaalbank-inwoners woedend was oor vragte rommel wat op plot 41 gestort word. ‘n Rommelverwyderingskontrakteur wat deur die Wet Nose Dierereddingsentrum betaal is om rommel na die Mamelodi Stortingsterrein te neem, het die rommel glo bloot by ‘n informele nedersetting in Vaalbank gestort.
 

© 2024 Die/The Bronberger