Padwerke ontwrig verkeer Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 24 May 2016 10:32
Untitled Document

Padwerke aan Garstfonteinweg-verlenging, wat dekades gelede al as pad-van-die-dood gedoop is, maak dié pad volgens motoriste nog gevaarliker.

Mense wat dié provinsiale pad gebruik om werk toe te ry of kinders skool toe te neem, kla oor die verkeersopeenhopings in piektyd wat deur die padwerke vererger word.

Die pad word ongeveer vanaf Woodlands Boulevard, wes uit teen die bult tot by Mooikloof omskep in ‘n dubbelbaanweg. Dié opgradering behoort uiteindelik groot verligting aan die groeiende verkeersdrukte te bring.


Uitgrawings langs die pad
.
.

Die gedeelte van Garstfonteinweg-verlenging vanaf Woodlands Boulevard teen die bult op tot by Mooikloof
Foto’s: John Potgieter

Hoewebewoners wat die pad jare reeds gebruik sê dat Garstfonteinweg-verlenging al hoe besiger geword het soos wat landgoed-ontwikkelings aan weerskante van die pad gebou is en die inwonergetalle toegeneem het.

Garstfonteinweg-verlenging, bekend as die K50-pad, behoort aan die Gautengse Departement van Paaie en Vervoer. Die LUR van Paaie en Vervoer, Ismail Vadi, het in Julie verlede jaar aangekondig dat die verbreding van die pad in die provinsiale begroting van 2015/16 val.

Die verbreding tot ‘n dubbelbaanweg is in die Buitengewone Provinsiale Koerant van Julie 2015 geproklameer.

Die proklamasie was vir die gedeelte van die provinsiale pad K50 oor gedeelte 623, die restant van gedeeltes 152, 284 en 285 van die plaas Garsfontein 374-JR en Garstfonteinweg in Garsfontein Uitbreiding 15.

 

© 2024 Die/The Bronberger