Inbreker ná jaar tronk toe Print E-mail
News - Aktueel
Sunday, 24 April 2016 18:52
Untitled Document

‘n Jaar nadat ‘n inbreker deur ‘n paartjie in hulle huis op Tierpoort op heterdaad betrap en aangekeer is, is hy in die hof skuldig bevind en gevonnis.

Die man, Kgwali Abram Ratau van Mamelodi, wat in April verlede jaar helder oordag deur Leon du Plessis en Mandy Jacobs in hulle hoewehuis platgestoei en vasgebind is, het 36 maande tronkstraf gekry. Hiervan is 18 maande vir vyf jaar opgeskort.


Die polisie vergesel die inbreker vangwa toe

Mandy het ná die voorval verlede jaar aan Die Bronberger gesê dit was ‘n ‘aaklige ervaring’. Sy sê sy sou graag ‘n strawwer vonnis wou gesien het, maar is tevrede, want ‘dit is beter as niks’.

In die Bronnie se uitgawe van April 2015 is berig dat Leon en Mandy omstreeks eenuur die middag ná ‘n inkopie-uitstappie tuis gekom het en die boef in die huis betrap het. Hy het toegang gekry deur ‘n venster en ‘n deur oop te breek.


Kgwali Ratau nadat hy in April verlede jaar vasgetrek is

Leon en die inbreker het in ‘n stoeigeveg betrokke geraak en Leon kon daarin slaag om hom vas te pen. Mandy het gehelp om die man vas te bind. Sy het ‘n noodboodskap na ‘n Tierpoortse Whatsapp-groep gestuur en binne minute was lede van die gemeenskap daar om te help.

Die polisie het later opgedaag en Ratau, ‘n Suid-Afrikaanse burger, is in hegtenis geneem.

 

 

© 2024 Die/The Bronberger