Tyron op Tierpoort in heup geskiet Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 21 March 2016 07:39
Untitled Document

Tyron Harding van Tierpoort is op 16 Februarie in die heup geskiet en ondergaan operasies om skade aan sy organe te probeer herstel.

Die 26-jarige Tyron het omstreeks nege uur die aand ‘n geluid buite die huis gehoor en wou gaan kyk hoekom die honde blaf. Hy het gesien dat een van die buitedeure wawyd oop staan en dit is waar die verdagte hom in die heup geskiet het.

Tyron se pa, Darryl, het die skoot gehoor, nader gehardloop en die deur toegeklap voor hy sy vuurwapen gaan haal het.

Ambulansdienste is gebel en Tyron is hospitaal toe vervoer in ‘n helikopter.

Die boewe het glo gevlug nadat hulle Tyron geskiet het en niks is gesteel nie. Dit is nie duidelik hoeveel boewe daar was nie.

Polisiewoordvoerder, kaptein Marissa van der Merwe, het gesê dat niemand tot dusver in hegtenis geneem is nie. Sy sê dat ‘n saak van poging tot moord oopgemaak is en ondersoek word.

Enige iemand met inligting oor die saak kan die Welbekendse Polisiestasie by 011-964-2050 bel.

 

© 2024 Die/The Bronberger