Munisipaliteit skuif adres 1,3 km weg van huis Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 22 February 2016 20:33
Untitled Document

Elsabé Maré

Die stadsraad het die Hunt-gesin van Rayton se straatadres verander na dié van ‘n perseel wat padlangs 1,3 km van hulle voorhek af is.

Die Hunts bly langs die brug wat oor die treinspoor gebou is, en die probleem het glo ontstaan omdat die raad ‘n verouderde kaart gebruik het waarop die brug in die pad wat deur die dorp loop, nie aangedui word nie.


James op die R515 se brug in Rayton met sy huis in die agtergrond

Die tonnel wat onderdeur die brug gebou is en wat die Hunts se woning met hulle ‘straatadres’ sou verbind, is jare gelede reeds gesluit.

James Hunt vertel dat hy en sy vrou teen die einde van 2013 ‘n huis in Rayton gekoop het. Die huis is op erf 571 en die adres wat by Rayton se munisipale kantoor geregistreer is, was Coetzeestraat 22. Hulle het aanvanklik munisipale rekeninge vir dié adres gekry.


Die ander kant van die toegemaakte tonnel

In 2015 het die munisipaliteit skielik die adres na Firtsstraat 3785, suid verander.

“Dit was ‘n probleem, want die adres was oorkant die R515 en om die 1.3 km tot daar te kom moet jy eers die R515 by die verkeerslig oorsteek,” sê James. “Skielik bly jy ver van jou adres af.”


James Hunt by die kragboks voor die toegemaakte tonnel

Ná ‘n maandelange gesukkel om aan die munisipaliteit te verduidelik wat gebeur het, is James na die raad se Pretoria-kantoor verwys waar Nancy Nagana vasgestel het wat die probleem is. Sy het die Hunts se adres na Coetzeestraat 29 verander en James is besig om die nodige veranderinge op al hulle dokumente aan te bring. 

 

© 2024 Die/The Bronberger