Gemors opgeruim ná berig Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 25 January 2016 22:23
Untitled Document

Die rommel in Rangeweg langs die Cullinanse sportgronde is skoongemaak ná ‘n berig in die Bronnie.
In Desember is berig dat Cullinan-inwoners keelvol is vir die Metroraad se stortingshouers wat nie leeggemaak word nie.

Inwoner Arie Van Wyk sê dat die metroraad in Oktober verlede jaar ‘n stortingshouer op die hoek van Range- en Rugbyweg neergesit het. Toe dié houer oorvol raak, het gemors die hele wêreld vol begin waai.


Nokeng Skoonmakers takel die rommel rondom die metroraad se stortingshouers
Foto: Elsabé Maré

Ná verskeie klagtes het die metroraad reageer deur ‘n tweede stortingshouer langs die oorvol houer neer te sit.

Arie sê dat ‘n mens niks regkry as jy dié saak per e-pos, met foto’s, aan die metroraad rapporteer nie. As jy bel, word jy bloot van een mens na die ander deurgeskakel.

Die Cullinan-tak van Nokeng Skoonmakers het op 18 Desember die opruimingswerk gedoen.

 

© 2024 Die/The Bronberger