Keelvol vir gemors Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 22 December 2015 12:42
Untitled Document

Elsabé Maré

Cullinan-inwoners is keelvol vir die Tshwane metroraad se stortingshouers wat nie leeggemaak word nie.

Twee houers staan onder die bome in Rangeweg langs die Cullinanse sportgronde.


Die twee stortingshouers

Daar was aanvanklik net een houer, wat vir tuinafval bedoel is. Algaande het ander rommel ook bygekom en in plaas daarvan om die houer leeg te maak toe dit oorlopens vol raak, is ‘n tweede een bygevoeg.

Inwoners vra of dit ‘n nuwe stortingsterrein is, want die hele wêreld rondom die houers lê vol gemors.

 

© 2024 Die/The Bronberger