Deurpad sal gebied vir ewig verander Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 24 November 2015 22:32
Untitled Document

‘n Deurpad wat die gesig en aard van die Bronberg-gebied vir ewig sal verander is op hande. Die PWV17 gaan die gebied suid van die N4-Oos snelweg met die Delmas-pad verbind.

Die voorgestelde deurpad sal by die beplande PWV5-pad aansluit by ‘n punt suid van die Delmaspad en oos van Elandsfonteinweg op die plaas Elandsfontein 412 JR, gedeelte 75. Die pad strek van daar af noordwaarts en gaan Garstfonteinweg óf op Grootfontein 394 JR of Tiegerpoort 371 JR, gedeeltes 2, 28, 245 en 235, kruis.

PWV17 gaan Lynnwoodweg-verlenging (Grahamweg) kruis op Zwavelpoort 373 JR, gedeeltes 299 en RE/250. Dit gaan die Boschkoppad kruis op Zwavelpoort 373 JR, gedeeltes 43 en 34 en gaan tot ‘n einde kom op ‘n punt oos van Silver Lakes-rylaan, suid van die N4-Oos snelweg op die plaas Zwartkoppies 364 JR.

Die deurpad gaan nie by die N4 aansluit nie, maar sal in die toekoms by ‘n beplande PWV-pad aansluit wat parallel aan die N4-snelweg gaan loop.

Die PWV17 gaan deur die volgende gebiede loop: Tweefontein 19 JR; Hatherly 331 JR; Zwartkoppies 364 JR; Mooiplaats 367 JR; Tierpoort 371 JR; Zwavelpoort 373 JR; Grootfontein 394 JR; Elandsfontein 412 JR; Tweefontein 413 JR; Bashewa Holdings nommer 1 en 2; en Tweefontein 413 JR.

Aansoek om ‘n bestekopname omgewingsimpakstudie vir die voorgestelde PWV17-pad is op
5 November deur die Gautengse Departement van Paaie en Vervoer by die Gautengse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling (DLLO) ingegee.

Openbare kennisgewings is vanaf 10 November opgesit en die konsep omvangbepalingsverslag gaan voor 15 Desember vir kommentaar beskikbaar gestel word.

Die finale omvangbepalingsverslag gaan in Februarie 2016 aan DLLO voorgelê word en die omgewingsimpakstudie-fase van openbare deelname gaan in Maart 2016 begin. Die konsep-omgewingsimpakstudie-verslag sal in April 2016 vir openbare kommentaar beskikbaar wees. Die finale omgewingsimpakstudie-verslag gaan in Junie 2016 aan DLLO voorgelê word.

Die datums op die openbare kennisgewings is 12 November tot 11 Desember en mense wat as belanghebbende partye wil registreer moet dit binne 30 dae nadat dié kennisgewing gepubliseer is, doen.

Bokamoso Landskapargitekte en omgewingskonsultante is deur die Gautengse Departement van Paaie en Vervoer aangestel om die omgewingsimpakstudies te behartig. Praat met Juanita de Beer oor die openbare deelnameproses en registrasie as belanghebbende party. Praat met Nadine Duncan oor die projek. Skakel 012-346-3810, stuur ‘n faks na 086-570-5659 of stuur ‘n e-pos na: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2024 Die/The Bronberger