Gemeenskap help ná huisbrand Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 27 October 2015 09:52
Untitled Document

Die gemeenskap van die Bronberg-gebied het hulle harte oopgemaak vir ’n gesin van Mooiplaats wat hulle huis en al hulle besittings in ’n verwoestende brand verloor het.


Foto’s: Alto Hoffman

Lourens en Machteld Dreyer se hoewehuis en besittings is vernietig toe ’n weghol-veldbrand voor sterk wind op 30 September die eiendom bereik en die huis en ander geboue vlam gevat het. Alle pogings deur gemeenskapslede en die brandweer om die brand te blus, was vrugteloos.

’n Brandverbod vir die gebied is intussen tot verdere kennisgewing deur die Welbekendse Brandbestrydingsvereniging ingestel.

Die Dreyers en hulle twee kinders, Lourene (12) en Christiaan (9), is weens die brand haweloos en besittingloos gelaat en ’n beroep is op die gemeenskapslede gedoen om hulp te verleen. Die reaksie was oorweldigend en die Dreyers het hulle dank as volg in ’n briefie oorgedra:
“Hoe sê ons dankie aan almal van julle – waarvan ons die meeste nie eers ken nie – vir dit wat julle vir ons as gesin in hierdie vreeslike moeilike paar dae gedoen het? Dankie vir julle finansiële bydraes en al die sakke en sakke wat net afgelaai is! Dankie is so ’n klein woordjie, maar as dit nie vir mense soos julle was nie, weet ek nie hoe ons deur hierdie trauma sal kon kom nie. Ek wens ek kon elkeen van julle ontmoet om persoonlik dankie te kan sê. My gesin is OK en dit is te danke aan julle.”

 

© 2024 Die/The Bronberger