Parkeerplek langs begraafplaas geskep Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 27 October 2015 09:50
Untitled Document

’n Oop stuk grond langs die Raytonse begraafplaas, wat as ’n onwettige stortingsterrein gebruik is, is op 8 Oktober in ʼn parkeerterrein omskep.


Die regmakery in aksie

Dié aksie was deel van AfriForum se ‘10 Dae van Selfstandigheid’ waarin AfriForum-takke saam met gemeenskappe munisipale dienste in dorpe regoor Suid-Afrika lewer. 


Die nuutgemaakte parkeerterrein langs die Raytonse begraafplaas

Reline Badenhorst van die Cullinan-Rayton AfriForum-tak het gesê: “Daar was nog nooit ʼn parkeerterrein by die begraafplaas nie. Ons het besluit om dit skoon te maak en te verbeter vir die dorp se inwoners.”


Die laerskoolkinders tel vullis rondom Laerskool Rayton op

Reline sê die koste van die projek beloop sowat R12 000, wat deur die gemeenskap gefinansier is.

Talle leerlinge van Laerskool Rayton het AfriForum die volgende dag gehelp om die strate rondom die skool skoon te maak. Reline sê hulle het sowat 50 vullissakke met die skoonmaak-aksie volgemaak en weggegooi.


‘Selfdoen is beter as niksdoen’ lees dié Afriforum plakkaat

Tarien Cooks, AfriForum se provinsiale koördineerder vir Gauteng-Noord, sê: “Ons wil graag ’n kultuur van selfdoen by kinders kweek en hulle aanmoedig om hulle omgewing skoon te hou.”

 

© 2024 Die/The Bronberger