Kabeldiewe loop hulle rieme styf Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 27 October 2015 09:47
Untitled Document

Kabeldiewe het hulle rieme vroeg in Oktober in die Bronberg-gebied styfgeloop toe twee suksesvolle operasies deur die polisie uitgevoer is.

In Zwavelpoort is kabelskurke in Lynnwoodweg-verlenging by die koopsentrum naby die Boschkop-afdraai aangekeer. Verskeie polisielede met voertuie en ‘n helikopter en lede van ‘n plaaslike beveiligingsmaatskappy was betrokke.


Die polisie slaan toe op kabeldiewe in Zwavelpoort
Foto: Etienne Schoeman

Eskomkabels ter waarde van R250 000 is teruggekry toe twee diewe deur die Cullinanse polisie aangekeer is. Hulle is bygestaan deur lede van die blitspatrollie, gemeenskapslede en die Kameeldrifse polisie.


Die vermeende kabeldiewe se voertuig
Foto: Etienne Schoeman

‘n Eskomwerker, wat op pad werk toe was, het onraad vermoed toe hy ‘n los geleier op ‘n plaas op Byenestpoort sien. Die werker het ook ‘n verdagte bakkie sonder nommerplate gewaar waar dit by die hek van ‘n wildplaas uitry.


Konstabels Thendo Mukhwantheli en Maria Masotla van die Cullinanse polisie by die
gesteelde Eskomkabels

Hy het dit by die polisie op Cullinan aangemeld en ‘n soektog is op tou gesit. Nog kabels is in die bosse gekry, nadat die verdagtes in hegtenis geneem is.

 

© 2024 Die/The Bronberger