Nuwe planne vir historiese hospitaal Print E-mail
News - Aktueel
Sunday, 27 September 2015 17:34
Untitled Document

Die historiese Cullinan Hospitaal-gebou is dalk binnekort weer in gebruik.

Volgens Etienne Coetzee, president van die Cullinan-Kamer van Koophandel, gaan die Clinix Gesondheidsgroep, wat die hospitaal in Maart 2013 gesluit het, nie meer die gebou verkoop nie.


In die Tweede Wêreldoorlog het die weermag die hospitaal oorgeneem
Foto: Cullinan Erfenisvereniging

Etienne sê dat dié groep onlangs ‘n bourekenaar en argitek uitgestuur het om te kyk na opsies om die gebou weer te gebruik. Hy sê dat dit nie ‘n volle hospitaal sal wees nie, maar waarskynlik ‘n kliniek of trauma-eenheid. Die Kamer moedig dié proses aan.


Die SA Mediese Korps monument op die hospitaal-perseel
Foto: Cullinan Erfenisvereniging

In April 2013 het ons berig dat die Clinix-groep se raad van direkteure en aandeelhouers die sluitingsbesluit geneem het omdat die verdere kapitale belegging wat nodig sou wees om die ou gebou en verwante infrastruktuur op te gradeer, nie die volhoubaarheid van die hospitaal sou verseker nie.


Die hospitaal in 1908
Foto: Cullinan Erfenisvereniging

Dié groep het die 35-bed hospitaal, voorheen bekend as die Premiermyn Hospitaal, in Oktober 2010 oorgeneem. Die hospitaal is in 1907 deur die Premiermyn gebou en die hoeksteen is deur Thomas Cullinan se vrou Annie gelê.


Die Cullinan Hospitaal-gebou

In die Tweede Wêreldoorlog is die hospitaal deur die weermag oorgeneem en daar is ‘n SA Mediese Korps-monument op die perseel.

 

© 2024 Die/The Bronberger