Welbekend-botsing eis twee lewens Print E-mail
News - Aktueel
Sunday, 27 September 2015 17:33
Untitled Document

Twee mense is dood en twee is ernstig beseer in nog ‘n ongeluk in die Welbekend-omgewing.


Die bakkie wat teen die kant getref is
Foto’s: Netcare 911

Volgens Netcare 911 woordvoerder, Chris Botha, het twee bakkies omstreeks 8 nm op Woensdag
9 September op die Bapsfontein-Bronkhorstspruitpad (R25) gebots. Die een bakkie het die ander een glo teen die kant getref.


Die ander bakkie teen die R25 roete-aanwysing

Volgens Chris is die twee insittendes van die een bakkie op die toneel dood verklaar. Die ander bakkie se twee insittendes is ernstig beseer. Hulle is op die toneel behandel voor hulle na ‘n hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

 

© 2024 Die/The Bronberger