Tiener se moord snoer mense saam Print E-mail
News - Aktueel
Sunday, 27 September 2015 17:30
Untitled Document

Die moord in Augustus op ‘n tienerseun van Bashewa, het die hoewegemeenskap van dié gebied met skok, woede en weersin gelaat. Dit het ook ongekende meelewing en samehorigheid onder die mense van die omgewing tot gevolg gehad.


Baie mense uit die gemeenskap het die begrafnis bygewoon
Foto’s: Danie Goosen

Keanu Badenhorst, 17, is in die vroeë oggendure in sy ouerhuis doodgeskiet ná vyf gewapende moordenaars ingebreek het. Keanu wou sy ma, Lelani Storm, en sussie Leandri, 11, teen die aanvallers beskerm, toe hy geskiet is. Lelani en haar dogter is met kabelbinders vasgebind voor die boewe die huis geplunder en met die gesin se bakkie vort is.


Mense het spontaan by die blommelegging opgedaag

Die voorval het die gemeenskap geskud en saamgesnoer in hulle soeke na geregtigheid vir Keanu en medelye met die gesin.

‘n Blommelegging is by die ingang van die hoewe waar Keanu vermoor is, gehou en mense uit die omgewing het in groot getalle opgedaag om daaraan deel te hê.


Blomme by die plothek

Op sosiale media is die moord op Keanu druk bespreek en mense was dit eens in hulle erns om die moordenaars hok te slaan en die gesin te ondersteun. ‘n Spesiale Facebook-blad is begin wat geregtigheid vir Keanu en ander slagoffers bepleit.

Keanu se begrafnisdiens op 3 September by Leribisi Lodge in Tierpoort is baie goed deur die mense van die gebied bygewoon.


Keanu Badenhorst

Hoewel die bakkie later met behulp van ‘n opsporingstoestel gekry is, was die moordenaars teen druktyd nog op vrye voet.

 

© 2024 Die/The Bronberger