Hans Strijdom of Solomon Mahlangu? Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 25 August 2015 08:18
Untitled Document

Praat ‘n mens deesdae van Hans Strijdomrylaan of Solomon Mahlangu? Die hofstryd oor 25 straatname in Pretoria, wat sonder ʼn behoorlike proses verander is, duur sedert 2012.  

Die hof het beslis dat die Tshwane Metroraad oorhaastig opgetree het met die verwydering van straatname en die metroraad het appèleer.

In Augustus het appèlregters Maya en Dambuza die Tshwane Metroraad se aansoek om spesiale verlof tot appèl na die hoogste hof van appèl in Bloemfontein, met koste van die hand gewys en bevind dat die metroraad nie daarin kon slaag om te bewys dat gronde vir sodanige appèl bestaan nie.


Hans Strijdom of Solomon Mahlangu?

Die metroraad het in 2012 nagelaat om sy eie hersiene beleid rakende straatnaamveranderings na te volg toe strate nuwe name gekry het. Strydig met sy eie beleid het die raad onder meer nagelaat om wykskomitees regdeur die metropool te raadpleeg.

In April 2013 het regter Bill Prinsloo ʼn dringende interdik aan AfriForum verleen om die metroraad te verbied om hangende ʼn hersieningsaksie wat vroeër deur AfriForum van stapel gestuur is, voort te gaan met die verwydering van die ou name.  Die metroraad het die dringende hofverrigtinge geïgnoreer en voortgegaan om naamborde te verwyder.


Hans Strijdom of Solomon Mahlangu?

Op 2 Junie vanjaar het ʼn volbank van drie regters, Molefi, Jordaan en Pretorius, van die hooggeregshof in Pretoria die metroraad se appèl teen die interdik verwerp.  

Die mislukte aansoek om spesiale verlof tot appèl na die hoogste hof van appèl deur die metroraad, is die vierde hofoorwinning vir AfriForum.

Die raad het aangedui dat hy hom tot die Grondwethof gaan wend om die straatname na sy sin te laat verander.

 

© 2024 Die/The Bronberger