Skitterende artikel Print E-mail
News - Briewe
Friday, 14 June 2024 08:00
Untitled Document

Betsie Steyn van Kleinfontein:
Baie dankie vir die skitterende artikel oor Michelle Fourie en haar perdedinge en -bedrywighede in Die Bronberger se Mei-uitgawe.

Daar was vanjaar reeds agt SAWMG-byeenkomste (dit is Amerikaanse en Westerse perdrykompetisies), maar Michelle kon net aan vier deelgeneem het weens finansiële probleme.
Sy het met die vierde kompetisie onlangs gekwalifiseer om verder te gaan, nou moet sy blykbaar in Julie finaal kwalifiseer vir die nasionale kompetisie in September.

Sy hoop om goed te vaar en finansieel in staat te wees om na die einde deur te dring. Ons hou baie styf duim vas vir hierdie kranige ruiter en wens haar die allerbeste toe. Sy doen dié dinge om aan ander vroue te wys wat gedoen kan word!

 

© 2024 Die/The Bronberger