Gasreuk pla ons ook Print E-mail
News - Briewe
Friday, 17 May 2024 14:00
Untitled Document

Ria Bosman van Cullinan:
Na aanleiding van Gerrie Claassen se brief, ‘Gasreuk pla inwoners’, in Die Bronberger se April-uitgawe: Gerrie het gesê dat inwoners gesondheidsprobleme soos erge hoofpyne, naarheid en duiseligheid weens die toksiese gasreuk ondervind.

Die gasreuk is elke dag daar en maak my benoud. My suurstoftelling is te laag.

My oë is geswel, droog en pyn. Daar is ’n pers kleur oor die ooglede. My kop is baie dronk van vroegoggend af en ek moet drie maal per dag medikasie gebruik vir duiseligheid. Die gasreuk affekteer ook my man se oë. Sy ooglede is ook geswel en pyn en hy word ook duiselig en naar.

Ek het elke dag oorpyn en my tande pyn erg, veral die boonste tande.

 

© 2024 Die/The Bronberger