Onvoorwaardelike liefde Print E-mail
News - Briewe
Friday, 17 May 2024 14:00
Untitled Document

Naomi Nieuwoudt van Rayton:
Ek het die voorreg gehad om dié man, Hansie, en sy getroue hond, Lana, gister by die wal van Hartbeespoortdam te ontmoet en ek was vol emosie, want soveel onvoorwaardelike liefde het ek nog nie beleef nie.

Daar word gesê diere het nie siele nie. Wel, ek glo dit nie. As ’n siel beteken dat ons liefde, getrouheid en dankbaarheid kan voel, dan is diere beter as baie mense.


Hansie en Lana by die damwal

Ek het dié twee ontmoet deur my sus-hulle wat op ’n gereelde basis vir hulle van kos en diverse voorsien. Hansie is getroud en hulle woon naby Hartbeespoortdam – nie in goeie omstandighede nie.

Hy verkoop daagliks penne by die wal vir ’n inkomstetjie. Hulle is nie drinkers of dwelmgebruikers nie.

Lana is hulle lewe . . . sy is so mooi versorg. Die lewe het maar net sy rugkant na dié twee mense gedraai.

 

© 2024 Die/The Bronberger