Pragtige uitgawes Print E-mail
News - Briewe
Friday, 17 May 2024 14:00
Untitled Document

Louise Smith van Pretoria-Noord:
Goeie dag aan Die Bronberger-redaksie. Baie dankie vir die pragtige uitgawes van Maart- en April-maand. Dankbaar om te sien dat Willow die donkie sy stryd teen die jakkals oorwin het en nou perdfris is.

Dit doen ’n mens goed om te lees van mense wat nog soveel omgee in hulle het. Dan sien ’n mens weer die boosheid in ander wat diere aan geute vasmaak sonder kos en met water buite sy bereik. Mag hulle boet vir sulke dade.

Oral hoor en lees ons ook deesdae van inwoners wat uitspring en self begin skoon- en regmaak. Dankie ook vir die pragtige foto’s van ons lesers. Bronnie-groete.

 

© 2024 Die/The Bronberger