Gasreuk pla inwoners Print E-mail
News - Briewe
Saturday, 20 April 2024 09:00
Untitled Document

Gerrie Claassen van Cullinan:
Die inwoners in Rangeweg en Koppiesrylaan, Cullinan ondervind ’n probleem met ’n toksiese gasreuk, afkomstig van Refilwe se kant oor die dam en die koppie. Die inwoners ondervind gesondheidsprobleme soos erge hoofpyne, naarheid en duiseligheid weens die toksiese gasreuk.

Ek het in April 2023 en nou weer die munisipaliteit in kennis gestel. Tshwane se veiligheidsinspekteur vanaf Rayton het in April 2023 gekom, maar daar is tot op datum absoluut niks aan die probleem gedoen nie.

Kan julle asseblief hierdie plaas sodat die inwoners daarvan bewus word en dat hulle dan in die proses kan laat weet of hulle ook die gas ruik.

Lesers wat hierdeur geraak word, is welkom om vir ons ’n e-pos te stuur: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . – Red

 

© 2024 Die/The Bronberger