Willow word groot Print E-mail
News - Briewe
Saturday, 23 March 2024 08:00
Untitled Document

Nadine Minnaar van Tierpoort:
Willow, ons jakkals-slagoffer, is al lekker groot en sterk en al amper drie jaar oud.


Willow is nou amper drie jaar oud


Willow in 2021

In Desember 2021 het ons berig dat Willow, ’n pasgebore donkievulletjie, op merkwaardige wyse deur Tierpoortse perde uit ’n jakkals se kake gered is. Die jakkals het die vulletjie aan die skof beetgekry en probeer wegsleep, toe vier van Nadine Minnaar se ryperde op die toneel afgestorm het en die jakkals verjaag het. Een van die perde het aanhoudend vir die Minnaars by die huis gaan ‘roep’ totdat hulle agter die perd aan is om te gaan kyk wat skort. – Red

 

© 2024 Die/The Bronberger