Dankie, Bronnie Print E-mail
News - Briewe
Saturday, 23 March 2024 08:00
Untitled Document

Die Bronnie ontvang gereeld woorde van dank, nie net oor die stories in die tydskrif of die mooi voorblaaie nie, maar ook oor die diens wat ons span lewer. Hier volg ’n paar kort uittreksels:

Adri Kruger van Tierpoort: Baie dankie vir julle “awesome” en professionele diens.

Magda Cloete van Constantiapark: Dankie aan Jeanette [bladuitleg] vir haar geduld om ons nuus mooi af te rond en oral te laat inpas. Ons waardeer julle vriendelikheid en julle professionaliteit baie!

Pauline Jooste van Olympus: Baie dankie. Ek waardeer [die elektroniese uitgawe] opreg. Die voorblad is pragtig! Groete daar.

Marietjie Alers van Tierpoort: Die Februarie-uitgawe was regtig uitstekend!

Berendine Mohr van Lynnwood Glen: Fantastiese ‘Final Word’, Angie. Die hele uitgawe deur het julle weer julself oortref. Mooi!

 

© 2024 Die/The Bronberger