Leeu–beeld se toestand versleg Print E-mail
News - Briewe
Friday, 23 February 2024 08:00
Untitled Document

Marco Nel van Pretoria:
Ek het so tyd gelede ’n lesersbrief vir julle geskryf waar ek op soek was na meer inligting oor die leeustandbeeld wat in die Tweede Wêreldoorlog reg noord van die Waterkloof-lugmagbasis in die veld gebou is.

Hoewel ek bitter min inligting kon bekom, het dit vir my duidelik geword dat hierdie beeld opgerig is naby of by die plek waar ’n vliegtuig, wat Italiaanse krygsgevangenes vervoer het, geval het.


Die leeu-beeld is bykans heeltemal toegegroei

’n Klomp van die gevangenes het in die ramp gesterf, waarna die krygsgevangenes vanaf Rayton-kamp [Zonderwater] die gedenkbeeld opgerig het ter nagedagtenis aan hulle landsburgers wat op hierdie tragiese wyse aan hulle einde gekom het.

Die storie het nou weer opgekom maar ontbreek steeds feite op skrif. Intussen het die beeld se toestand versleg. Ek stuur vir julle nuwe foto’s wat die laaste week in Januarie geneem is.

Lesers wat meer hieroor weet is welkom om vir ons ’n e-pos te stuur na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om ons te bel by 012-734-0522.  – Red

 

© 2024 Die/The Bronberger