Dankie vir moeite en omgee Print E-mail
News - Briewe
Friday, 23 February 2024 08:00
Untitled Document

Susann Rojas van Wapadrand:
Liewe Bronnies. Terwyl SA nog ingesluimer het in die nuwe jaar, stuur ek ’n e-pos op 3 Januarie na die tydskrif, om te hoor of hulle nie ’n paar ou tydskrifte het nie. My moeder geniet dit vreeslik baie, veral die ou geskiedenis-artikels. Ek het maar net ’n paartjies vir haar gegee.

Om eerlik te wees, ek het nie veel hoop gehad dat iemand my sal antwoord nie. Niemand antwoord meer e-posse nie. Maar na ’n paar minute antwoord Angie my. Met ’n paar reëlings hier en daar, het ek ’n pakkie met ou tydskrifte in my hand gehad!


’n Paar van die baie welkome Bronnies

Dit het nie daar geëindig nie. ’n Paar weke later laat weet sy my dat ’n ander leser van haar ou tydskrifte ontslae wil raak. ’n Paar reëlings hier en daar is ek voor tannie Lydia se deur!

Baie dankie Angie vir al jou moeite en omgee en dankie tannie Lydia vir die tydskrifte van 2012 tot nou!
As daar enige ander lesers is met tydskrifte voor 2012 wat ’n liefdevolle huis soek, ek het nog plek in my boekrak: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Baie Bronnie-liefde.

 

© 2024 Die/The Bronberger