Voorspoed vir die Bronnie Print E-mail
News - Briewe
Friday, 26 January 2024 22:00
Untitled Document

Elizabeth Kendall van Bronkhorstspruit: Baie dankie vir my Nuwejaar-Bronnie-groete asook die vorige een! Alles wat mooi en goed is vir julle vir die splinternuwe jaar. Mag die Here jou werk seën en jou beskerm en versterk vir elke nuwe uitdaging. 

Lukas de Waal van Moreletapark: Mag julle en julle gesinne ’n geseënde 2024 binnegaan.

Corrie Steyn van die Bronberg-gebied: Hallo Angie en almal by die Bronnie. Baie dankie vir my eerste Bronnie wat ek ontvang het. Ek is baie beïndruk met die manier wat julle hom gedoen het. Ek wil ook baie graag vir julle ’n voorspoedige nuwe jaar met die Bronnie toewens.

Katy Marais van Rayton: Baie dankie vir die getroue e-pos Bronnie. Ek waardeer dit.
Voorspoed vir 2024 vir almal.

Pieter Strobos van die Moot: Dankie vir julle pragtige tydskrif! Dit doen baie aan mense se moed, visie en alles wat nodig is om groei in ons mooi stad en land te laat plaasvind. Hou so aan!

Wynie Malan van Wadrif: Seënwense vir die nuwe jaar vir julle. Dankie vir die Bronnie! ’n Besonderse tydskrif vir seker. Ons geniet dit ook altyd om deur te gaan. Ons woon aan die ander kant van Cullinan – naby Wadrif – dus eintlik feitlik buite julle fokus-gebied, maar nogtans.

Nico van Niekerk van Amerika: Ons woon al 30 jaar in Amerika maar het nog nie iets van ons Afrikaanse erfenis verloor nie. Julle e-pos [Bronnies] is altyd welkom en word deeglik gelees en oordink. Seënwense en groete.

Rea Odendaal van Faerie Glen: Dankie vir my Bronnies. My wens vir jou en die Bronnie-span is vrede, voorspoed en vreugde vir 2024.

Marietjie Alers van Tierpoort: Mag die Bronnie steeds groei van krag tot krag in 2024! Dankie vir die volgehoue plasings van ons Tierpoort se Seniors. Dit beteken geweldig baie vir die lede om die artikels te lees, moontlik hulle eie foto’s te sien en dit met hulle familie en vriende wyd en syd te deel.

Emma Koekemoer van Rayton: Mag julle as span groot gaan met 2024 se Bronnies. Vir seker ’n voorspoedige 2024!

Thys Swanepoel van Vic-Haven: Mag die nuwe jaar vir julle seëninge in oorvloed bring van liefde, vreugde, gesondheid, vrede en voorspoed.

`Alet Erasmus van Kleinfontein: ’n Nuwe jaar het weer met ’n spoed van sy eie weggespring! Sterkte vir julle vir hierdie jaar se Bronnie en dankie vir al die interessanthede wat julle met ons as lesers in elke uitgawe deel!

 

© 2024 Die/The Bronberger