Kerswense en dankie Print E-mail
News - Briewe
Wednesday, 20 December 2023 08:00
Untitled Document

Thys Swanepoel van Vic-Haven:
Op die vooraand van Kersfees en die Nuwejaar wil die bestuur en personeel van Vic-Haven onafhanklike aftree-oord mooi wense oordra maar ook dankie sê.

Dankie aan Die Bronberger wat ’n advertensieruimte skep vir ons ondernemings, hoe klein of groot ook al. Dankie aan elke leser wat reageer op ons advertensies en ons so getrou ondersteun. Die waardering is groot.

So, ’n geseënde Kersfees en baie voorspoedige 2024 aan elke leser en ondersteuner, maar veral ook aan die bestuur, personeel en produksiespan van Die Bronberger.

 

© 2024 Die/The Bronberger