Raaisel van baslose bome Print E-mail
News - Briewe
Thursday, 16 November 2023 12:00
Untitled Document

Corrie Badenhorst van Pretoria-Oos:
Hierdie laning bome is in Mackiestraat, Nieu Muckleneuk en ek sou graag wou weet watter soort bome dit is en hoekom hulle aan die onderkant sonder bas is.


Die laning bome in Mackiestraat
.


Die bome lyk of hulle aan die onderkant sonder bas is

Die Bronnie het plaaslike omgewingskundige, Petro Lemmer, se hulp ingeroep. Sy het met Magda Nel van UP Plantkunde gepraat, wat op haar beurt Jason Sampson, kurator van die Manie van der Schijff Botaniese Tuine, genader het. Jason het bevestig dat dit Goue Elms is wat op Sjinese Elms se onderstamme geënt is. Petro sê die alternatiewe vertaling van dié bome (Iepe) is minder bekend en kan dalk verwarring skep. – Red

 

© 2024 Die/The Bronberger