Leserslens Januarie 2021 Print
News - Rubrieke
Friday, 22 January 2021 13:27
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ʼn uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.


De Waal Venter het dié stamvrugboom in volle vrug op ’n gasteplaas by Boekenhoutskloofdrif afgeneem. Hy sê die veldvrugte floreer in dié gebied


Hoewel die ringnektelg al uitgegroei lyk, voer die duifma nog getrou
Foto: Albert Bester


Eus de Clerk wil weet of die titel van dié kleurryke foto van hom nie dalk ‘veerboot’ kan wees nie


Hy rek sy nek om iets in die geil gras van die Rietvlei-reservaat raak te sien
Foto: Laurika van der Linde


’n Groep koedoebulle speel behoorlik wegkruipertjie in die lang gras van die Dinokeng-omgewing
Foto: Altie Potgieter


Ria Pieterse het dié foto van die sonsondergang op Kersdag in die Kleinfontein-omgewing geneem


Die eerste sonsopkoms van 2021 oor Grootfontein en Heidi-Luise Lotze was
byderhand om dit af te neem


Dié kaalwangvalk is ’n gereelde besoeker aan Emma Koekemoer se tuin op Rayton


Leonie Gunter Kraft was in die wolke oor dié besondere wolkespel wat sy vroeg in die nuwe jaar afgeneem het


’n Mens loop altyd iets mooi raak as jy jouself in die natuur bevind, sê Emma Koekemoer oor dié foto van haar


Goeie reën het damme en waterlope in die gebied gevul en plantegroei, soos dié waterlelie, floreer
Foto: Altie Potgieter


“Gaan na die mier . . .” Jana du Plessis het dié enkele outjie se weë behoorlik van naby af beskou


Rea Odendaal van Faerie Glen het een oggend vroeg dié pragtige blom van die Zig Zag kaktusplant gesien. Hy word ook ‘Fishbone cactus’ genoem


Carla Nel het dié foto van haar broer, Corné, by Bronkhorstspruitdam geneem


Susan Dippenaar van Kilnerpark-aftreeoord het vir die eerste keer ’n dubbel varkoorblom in haar tuin gesien


’n Laatmiddag vêrgesig oor die doodlope van die Magaliesberg, vanaf die Bronberg gesien
Foto: Gideon van Zyl