Wat is kapitaalwinsbelasting? Print
News - Rubrieke
Friday, 26 January 2018 14:39
Untitled Document

Lianie O’Neill is ‘n rekenmeester van Dante Deo Rekenmeesters in Rayton


Lianie O’Neill

Februarie was die maand van liefde – sjokolade en blomme . . . staatsrede en begrotingsrede. Hoop jy het al daardie sjokolade op een slag in jou mond geprop, want dit sal lei tot die vrystelling van die hormoon serotonien wat jou goed sal laat voel tot jy weer met ‘n skok gaan besef dat suikerbelasting op 1 April in werking tree. Lek dan maar eerder net aan jou sjokolade.

Suikerbelasting word in werking gestel teen ‘n belastingkoers van 2,1c per gram suikerinhoud bo 4 g per 100 ml.

BTW
Op 21 Februarie het mnr Malusi Gigaba, minister van finansies, sy begrotingsrede in die parlement gelewer. Soos almal te wagte was, het die BTW koers met 1% verhoog na 15%.  Dié aanpassing sal op 1 April in werking tree. Waar jy byvoorbeeld voorheen vir ‘n R100 item (uitgesluit BTW) R114 betaal het, sal jy nou vir daardie selfde item R115 betaal.

Waarheen gaan ons swaarverdiende belastinggeldjies? Die regering het dit duidelik gemaak dat hulle baie ernstig is om die toegang tot kwaliteit onderwys te verbeter en om werksgeleenthede te skep.

Persoonlik
Persoonlike inkomstebelasting se aanpassings is laer as die inflasiekoers. Dit gaan belastingbetalers soos volg beïnvloed (vir mense jonger as 65 jaar):


Belasbare inkomste

Belasting

 

2018

2019

Verskil

                  189 880.00

    20 543.40

    20 111.40

         -432.00

                  195 850.00

    22 095.20

    21 186.00

         -909.20

                  296 540.00

    48 274.60

    47 365.40

         -909.20

                  305 850.00

    51 161.10

    49 786.00

      -1 375.10

                  410 460.00

    83 590.20

    82 215.10

      -1 375.10

                  423 300.00

    88 212.40

    86 195.50

      -2 016.90

                  555 600.00

 135 840.40

 133 824.00

      -2 016.40

                  708 310.00

 195 396.90

 193 380.90

      -2 016.00

              1 500 000.00

 519 989.90

 517 973.90

      -2 016.00

              2 000 000.00

 744 990.00

 742 974.00

      -2 016.00

Sekondêre korting (vir mense ouer as 65) is verhoog met R234 en tersiêre korting (vir mense ouer as 75) is verhoog met R81.

Sonde
Dan is die “sondebelasting” ook weer verhoog soos volg: ‘n Pakkie 20 sigarette + R1,22; ‘n blikkie (340 ml) bier + 14.66c; wyn (750 ml) + 27,75c; en spiritualieë (750 ml) + R4,80.

Die algemene brandstofheffing verhoog ook met 22c per liter en die Padongelukfondsheffing met 30c per liter.

Hierdie klink vir my na ‘n nuwe Afrikaanse liedjie – “Bitterbekkie, nugter en gestrand”.