Bapsfontein se ‘tornado’ was net wind Print
News - Ons Omgewing
Tuesday, 10 December 2019 08:15
Untitled Document

Die ‘tornadoes’ wat op 20 November tussen Bapsfontein en Delmas gesien is, was eintlik maar net wind, sê die Suid-Afrikaanse Weerdienste.

Die tornado-vormige draaiwinde is tussen 2 nm en 5 nm deur verskeie mense afgeneem. Die Weerdienste het berig dat dié verskynsels, wat in Engels ‘gustnadoes’ gedoop is, net soos tornadoes lyk maar meteorologies baie van mekaar verskil.


Hier kan ‘n mens sien dat grond deur wind rondgedraai word
.

Die verskynsel van ver af gesien
.
Foto’s: Video skermgrepe

Die verskynsel van naby gesien
.
.

Daar was geen sigbare kondensasie tregter-wolk wat uit die basis van die wolk na die grond beweeg het nie en die verskynsels het ook nie met ‘supersel’ donderstorms gepaard gegaan nie.

Tornadoes was ‘n groot openbare besprekingspunt in die tyd ná die tornadoes verskeie dele van KwaZulu-Natal vroeër in November getref het.