Miljoene wit vlinders se migrasie vanjaar veel groter Print
News - Artikels
Wednesday, 26 February 2020 10:12
Untitled Document

Miljoene wit vlinders het teen die einde van Januarie deur ons kontrei gefladder in ‘n jaarlikse migrasie wat veel groter as gewoonlik was. Dié vlinders staan as grasveldwitjies, Belenois aurota,bekend.


Die wyfies lê eiers langs die migrasieroete
Foto: Wikipedia

Hulle kom uit die droë gebiede van die Karoo en Kalahari waar hulle elke Desember of Januarie byeenkom om in ‘n noord-oostelike rigting te begin vlieg.


So lyk die ruspe wat uit die eiers broei
Foto: Wikipedia

Ná die Noord-Kaap vlieg hulle deur dele van die Vrystaat en Noord-Wes, deur Gauteng, dele van Mpumalanga en Limpopo. Hulle mik vir Mosambiek, voor hulle oor die see na Madagaskar vlieg.


Die grasveldwitjies se migrasieroete
Foto: esri

Volgens die kenners volg die swerms grasveldwitjies nie elke jaar presies dieselfde roete nie en terwyl hulle vlieg, rus hulle om eiers langs die migrasieroete te lê. Ander grasveldwitjies sluit gedurig by die swerms aan tot daar massiewe swerms bymekaarkom wat tot oor ‘n kilometer in die lug kan strek.


Die papies
Foto: Wikipedia

‘n Grasveldwitjie in die Rayton-omgewing
Foto: Laurika van der Linde

Die grasveldwitjies vlieg van sonop tot sononder en slaap in die nag. Deur die dag moet hulle elke 20 minute nektar inkry, anders dehidreer hulle.


Grasveldwitjies
Foto: africainscribed.travel

Die vlinders het ‘n vlerkspan van 44–62 mm. Hulle is wit met bruin strepe, maar in nat seisoene het die vlinders ‘n geler skynsel as in droë seisoene.