Wen romantiese pryse Print
News - Artikels
Tuesday, 22 January 2008 02:00

Daar wag ’n verrassing vir alle romantiese Bronbergers wat ’n ongewone Valentynsdag in ons eie omgewing wil vier. Jou viering van dié dag kan vir jou en jou geliefde na ’n oorslaap maanlig piekniek lei. Die wat die ja-woord gevra het en vanjaar gaan trou, kan nog ’n groter prys wen.

Valentynsdag kom al hoe nader. Dis nou die tyd om te besluit of jou viering van dié dag maar bra vaal gaan wees, of vol verrassings vir jou geliefde. As jy dink dat julle ou tweetjies die mees romantiese paartjie in die Bronberg-gebied is, kan julle dalk net ’n maanlig piekniek en oornag verblyf by Lievland wen tesame met ’n geskenkpak gevul met kerse.

As julle op trou staan en in 2008 die knoop gaan deurhaak, kan julle tafeldekor ter waarde van R1 500 wen van Babooschka Funksie Dekor en Blomme.

Sewe romantiese paartjies kan gratis kaartjies, ter waarde van R100 per persoon, wen na ’n Helena Hettema optrede by Lievland op Saterdag 16 Februarie. Helena sing liefdesliedjies en Edith Piaf.

Dié optrede vorm deel van ’n Valentyn-feesnaweek wat op Donderdag 14 Februarie begin met’n maanlig-en-kerse piekniek in Lievland se ‘secret garden’.