Die manier waarop ’n perd op jou reageer, kan
kenners presies wys wie jy is. Perde is eerlik en dit
maak hulle belangrike boodskappers. Terapeute sê
dat jou interaksie met perde reflekteer hoe jy op
spesifieke situasies in jou daaglikse lewe reageer.
Die Bronberg-gebied is perdewêreld.
Uithouritte, plesierritte,
spring-kompetisies en gymkhanas is alledaagse gebeurtenisse in ons kontrei. Bronbergers
ken perde, maar besef dalk nie
altyd wat ’n perd se reaksie alles oor die mens verklap nie.

Perde kan duidelik vertel hoe personeel in die werkplek gaan optree
Foto’s: Midwest Country Clinic
Sulke geheime word deesdae uitgelap
deur ’n nuwe leermetode
wat alles met perde te doen het,
maar waarvoor geen ondervinding
met perde nodig is nie. Daar is
geen perdry betrokke nie en ’n
mens hoef niks van perde af te
weet om baat te vind by dié interaktiewe
leermetode nie.
Leierskap
Bedryfsielkundiges en leierskapnavorsers
gebruik perde om vir
hulle te vertel hoe personeel in die
werkplek gaan optree. Dié metode,
bekend as perd-geassisteerde
leermetode (equine assisted learning),
word as ’n nuwe leierskapsveld
beskou waarin eksperimentele
aktiwiteite met perde gebruik word
om deelnemers te leer hoe om hul
gedrag, gevoelens en gewoontes
te prosesseer.
Dié leermetode help mense om
grense daar te stel en daarby te
hou, om aggressie te hanteer, nieverbale
kommunikasie te verbeter,
probleem- en konflikoplossing te
ontwikkel en leierskapsvaardighede
te kweek.
Perde is uiters intuïtief en fyn ingestel
op enige teenstrydighede in
hul omgewing. Hulle sal enige
teenstrydige gedrag, waarvan die
mens dalk nie bewus is nie, gou
terug weerspieël.
’n Mens kry ’n goeie idee van jouself
deur met perde te werk. Jy
kom agter hoe ander jou sien, wat
jou motiveer, jou aanpasbaarheid
en buigsaamheid in veranderende
omstandighede en jou vermoë om
te lei.
Bestuur
Dié leermetode word wêreldwyd
gebruik om bykans enige probleem
te benader wat voorheen
slegs deur tradisionele terapie
behandel is. In ons land word die
metode nou deur tersiêre instansies
soos die Bestuursontwikkelingsafdeling
van die Universiteit
Stellenbosch Bestuurskool, ondersoek.
Hulle het in middel-Augustus ’n
tweedaagse eksperimentele inisiatief
aan middelvlakbestuurders,
persone wat bestuurspotensiaal
het, of aan persone wat hul bestuursvaardighede
verder wil
ontwikkel, aangebied.
Deelnemers se emosionele
intelligensie
word vooraf getoets en
dan weer na afloop van
die program om veranderinge
uit te wys wat
uit die interaksie met
perde voortgevloei het.

Só leer deelnemers meer oor hulself
Naboots
Willemien Law, bemarkingshoof
van dié bestuurskool,
sê dat ’n bestuurder
deur die program
kan vasstel hoe sy
leierskapstyl deur ander
ervaar word. Van die
beste natuurlike maniere
om leierskap te toets
is om te kyk hoe ’n
perd teenoor ’n persoon reageer.
Leierskap kan nagevors, geëvalueer
en gekategoriseer word, maar
dit is uiteindelik die realiteit van
die lewe wat ’n persoon ’n doeltreffende
leier maak. Kontak met
perde kan dié realiteit baie goed
naboots.
Willemien sê dat deelnemers gou
leer dat die uitoefening van mag
nie ’n opsie is wanneer ’n mens
met perde werk nie en dat ’n titel
niks beteken nie. Leierskap kom
net na vore deur die verwerwing
van outoriteit, die toon van betroubaarheid
en die verkryging van
vertroue. |