Die vier jaar oue Percheron
hings, Sympa de Bellevue
het met die louere weggestap
by die onlangse Perd van die
Jaar Skou. Hy is aangewys as die
opperste groot kampioenteelperd
en is die eerste Percheron wat die
titel kon verower.
Sympa het deelgeneem teen 17 raskampioene
waar die hingste en
merries teen mekaar meegeding het
en bewys dat die Percheron terug is
in die skouring as ’n gedugte teenstander
waarmee rekening gehou
moet word.

Van links na regs: Panayoitis Stais, Gauteng Perdevereniging-voorsitter,
Natalie Hogg, hanteerder, Allister Hood, beoordelaar, en Loraine Homer,
beoordelaar saam met grootkampioen hings en opperste kampioen
trekperd, Sympa de Bellevue
Sympa is in 2009 deur Johan Henning,
van die Summerwind Percheron
Stoet op Klipkop, van Frankryk
af ingevoer. Sympa se moer, Mona
18, was in 2007 die groot kampioen
merrie in Frankryk en sy vaar, Lido
3, is ’n beproefde hings by die
Nasionale Percheronstoet in Le Pin,
Frankryk.
Sympa se eerste nageslag is in 2010
gebore en die vullens lyk baie belowend.
Al staan hy 17.2 hand hoog,
en trek hy die skaal tot by ’n ton,
maak Sympa se persoonlikheid van
hom die sagmoedige reus waarvoor
die ras so bekend is.

Grootkampioen reunperd, Summerwind Diesel saam met hanteerder
Natalie Hogg
Foto’s: Jean-Leo Dugast
Die eerste Gautengse Provinsiale
Kampioenskap vir Percherons is ook
by die Perd van die Jaar Skou geloods.
Die vraag na skoue waar die
swaartrek rasse vertoon word het
die Percheron Perdetelersgenootskap
van Suid-Afrika genoop om die
Kampioenskapskou aan te bied.

Enkeltuig kampioen, Trek-Lekker Lora, van die Summerwind Stoet
Skouklasse het die volgende ingesluit:
in-hand, ry en tuig-klas en die
nuwe gewigtrek klas, wat groot skares
gelok het. Alhoewel die Percheron
een en ’n half keer sy eie gewig
behoort te kan trek, het die wenperd
die kompetisie op 520 kg
gewen.
Die Summerwind Percheron stoet
het met byna al die pryse weggestap.
Hulle teel merrie, Trek-Lekker Lora, is aangewys as senior kampioen
trekperd en Percheron merrie
bo drie jaar. Lora het ook die enkeltuigklas
verower.

Wenner van die gewigtrek, Elsenburg Marinus, met Jan Engelbrecht
Die hings, Elsenburg Marinus, het
die gewigtrek klas gewen, is
aangewys as reserwe kampioen teel
hings en het ’n vyfde plek in die
skouryklas verower. Summerwind
Diesel is as die Percheron kampioen
reunperd aangewys en hy het vierde geëindig in die skouryklas. |