Maak gereed vir splinternuwe 'Dinge om te doen? Print
News - Aktueel
Thursday, 21 January 2010 11:37
Untitled Document

Dis weer tyd vir ‘Dinge om te doen’. Ons jaarlikse ‘Dinge om te doen’ tema het by verre die gewildste temaartikels in die geskiedenis van Die Bronberger geword en adverteerders sal moet spring as hulle vanjaar deel daarvan wil word.

Ons nooi alle ondernemings in ons gebied wat by dié tema kan inskakel, om vir ons lesers te vertel wat hulle daar kan doen. Ons praat hier van pieknieks tot paintball, van vlooimarkte tot restaurante en oornagplekke, van perdry tot rotsklim, wildbesigtiging, staproetes, fietsryroetes, plekke wat spesialiseer in kinderpartytjies, spa-plekke, kwekerye, teetuine en museums en almal wat iets te doen in die Bronbergomgewing bied.


Só het verlede jaar se ?Dinge om te doen? tema gelyk

In ons Februarie-uitgawe wys ons weer vir lesers hoekom jy nou nie meer ’n verskoning gaan hê om oor ’n naweek te sit en wonder wat om te doen of waarheen om te gaan nie.

Adverteerders wat by dié tema inskakel kry ’n gratis paragraaf redaksie in die artikel. Nie net maak jy seker dat jou onderneming deur alle Bronbergers raakgesien word nie, jy kry ook wêreldwye blootstelling deur Die Bronberger se webwerf. Gaan kyk na ons vorige ‘Dinge om te doen’ tema-artikels by www.bronberger.co.za. Jy sal dit aan die regterkant van die blad kry.

Hulle is die heel gewildste artikels in die ‘Gewild/Popular’ afdeling. Om deel te word van ons ‘Dinge om te doen’ tema, bel vir Tania by 072-089-0227 of vir Angie by 083-959-1016 of vir Gerhard by 082-377-6807. In die Cullinan / Rayton-omgewing, bel vir Elsabé by 073-342-7910.