Boewe begin rieme styfloop Print
News - Aktueel
Tuesday, 28 January 2020 14:00
Untitled Document

Boewe wat moontlik deel is van ‘n misdaadsindikaat het hulle rieme styf vasgeloop op Kersdag en Oujaarsdag in Shere.

Op 25 Desember om 2 vm het Echo-1 Sekuriteit en onder-offisier Ras ‘n verdagte in hegtenis geneem wat met inbraakgereedskap oor die Bronberg vanaf Olympus na Shere beweeg het. Hy kon met ander misdaadsake verbind word en is voorheen aan gewapende roof in Shere skuldig bevind.


Die misdadiger wat op Kersdag vasgetrek is
Foto’s: Echo-1 Security

Vroeg die oggend van Oujaarsdag het ‘n reaksie-offisier van Omega Sekuriteit ‘n verdagte persoon gesien wat moontlik gesteelde goedere dra. Hy het die verdagte gevang, maar die voertuig waarin die verdagte sou ontsnap, se bestuurder het weggejaag. Echo-1 sekuriteitsoffisiere was besig om op hulle roete te ry en het die bestuurder van die voertuig aangekeer toe hy die gebied probeer verlaat het.

Volgens Echo-1 sekuriteit se amptelike blad vorm dié inhegtenisnemings deel van ‘n baie groter ondersoek oor ‘n sindikaat wat by huisbrake en diefstal in Shere en Olympus betrokke is.