Besige pad lank ontwrig Print
News - Aktueel
Tuesday, 10 December 2019 07:51
Untitled Document

Padwerke aan die K69 roete (Hans Strijdomrylaan of Solomon Mahlangu) gaan nog tot volgende jaar Desember duur. Dit vorm deel van ‘n R300 miljoen-projek waar ‘n fietsbaan ook langs die pad gebou word.

Die K69-projek loop van die kruising met Lynnwoodweg (Hoofpynhoek) tot by Mamelodi, bykans
12 km lank. Die eerste fase van die projek is van die Ou Bronkhorstspruitpad (R104) tot by die K54.

Burgemeesterskomiteelid vir paaie en vervoer, Sheila Senkubuge, sê die doel van ‘n fietsbaan is om nie-gemotoriseerde vervoer te bevorder en om die veiligheid van fietsryers te verseker. Sy sê dat fietsryers dit veral in spitstyd moeilik vind om toegang tot dié besige pad met sy talle verkeersknope te verkry.

Dié projek van die Gautengse departement van paaie en vervoer het amptelik in September afgeskop. Tussen Januarie en September het daar reeds 37 mense op dié stuk pad gesterf.