Verpleegstudent verdrink by Nkwe Print
News - Aktueel
Monday, 25 March 2019 05:16
Untitled Document

’n Eerstejaar verpleegstudent aan Unisa het op 27 Februarie by Nkwe Plesieroord in Tierpoort verdrink.

Die 20-jarige Boitsoko Felicia Merafe van Garsfontein het foto’s naby die rotspoel geneem toe haar selfoon uit haar hande geglip het. Sy het probeer om die foon in die hande te kry toe sy ingeval het.


Die groot rotspoel by Nkwe Plesieroord
Foto’s: Verskaf

Haar vriendin kon haar nie uit die water trek nie en het gesê dit was asof iets haar van onder af die water ingetrek het. Haar suster, Martha Merafe, het gesê dat die toestand van Boitsoko se liggaam ’n skok was. Hulle sê dat iets haar ernstig moes beseer het.


Boitsoko Felicia Merafe

Polisiewoordvoerder, konstabel Egnes Moganedi, het bevestig dat die polisie omstreeks 4 nm op die toneel opgedaag het. Boitsoko se liggaam is deur lede van die polisie se reddingspan uit die water gehaal.

Die polisie ondersoek die oorsaak van haar dood.