Hulle dring aan Print
News - Aktueel
Friday, 20 February 2015 00:27
Untitled Document

Oproerige plakkers het die pad tussen Cullinan en Pretoria-Noord op Maandag 9 Februarie met brandende motorbande en klippe versper. Die plakkers, wat onwettige woonstrukture by die afdraaipaaie na Leeuwfontein en die Mamelodi-steengroef opgerig het, dring nou aan op water- en kragaansluitings. Die oproerigheid het vroeg die oggend reeds begin en motoriste moes noodgedwonge van alternatiewe roetes gebruik maak.