Ons groet Stil-Henk Print
News - Aktueel
Wednesday, 17 September 2008 19:52
Untitled Document

Henk Zagt is op 25 Augustus in die ouderdom van 51 jaar aan ’n bloeiende maagsweer oorlede. Hy het’n hele aantal jaar in die Bronberg-gebied ewoon en was bekend by sy vriende as ’n intelligente ou wat nie veel gesê het nie en baie vir sy mede-mens omgegee het.

Henk, wat onder ‘locals’ as Stil- Henk bekend gestaan het, het vir ’n hele paar jaar onder gevaarlike omstandighede in Irak gewerk. Dié wat bekommerd was oor sy welstand in ’n orlog-geteisterde land, meen dit is ironies dat hy hier onder veilige omstandighede oorlede is. Henk was in sy jonger dae in die bankwese en was sommer nog bloedjonk toe hy bankbestuurder geword het.