Ons het darem nog die Bronnie Print
News - Briewe
Wednesday, 20 May 2020 19:53
Untitled Document

Willie Strauss van Cullinan:
Ons is besig om die houthuis reg te pak. Ek hou baie van tydskrifte en gooi hulle nie graag weg nie.

My huismense laat hulle wel so elke nou en dan verdwyn. Ek blaai deur die ‘Vrouekeur’ en ‘Rooi Rose’ waarin ek al verskyn het. Ek is hartseer want dit is twee tydskrifte wat baie vir ons kunstenaars gedoen het, baie vir my loopbaan beteken het en nou is hulle ook iets van die verlede.

Jy kan hoeveel CD’s en projekte doen, maar as die media nie oor dit berig nie, weet niemand daarvan nie. Ek gaan die tydskrifte mis en dink aan die joernaliste wat nou sonder werk sit. Dit is net baie hartseer dat die twee tydskrifte nie meer bestaan nie.

Plaaslik het ons gelukkig nog Die Bronberger, wat ’n ongelooflike tydskrif is. Goeie artikels en advertensies. Hulle gee om vir die omgewing en almal sien elke maand uit na die nuwe Bronnie.

Darem nog een tydskrif wat my vandag laat voel: Ons is nog ‘ok’ – kyk net noord . . .


Ondersteun die Bronnie
Ongekende omstandighede, waarin tientalle gevestigde publikasies, wat oor dekades heen te koop was, onlangs gedwing is om te sluit, noop ons om ‘n beroep op die Bronnie se getroue lesers te doen. Die Bronberger word as onafhanklike publikasie die afgelope 18 jaar elke maand gratis aan ons gemeenskap en wyer gebring. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en ons is vasbeslote om daarmee voort te gaan. Jou vrywillige bydrae, hoe klein of groot ook al, eenmalig of maandeliks, sal baie help hiermee en oneindig waardeer word. 
Elektroniese oorplasing:
Naam:
 Bronberg Uitgewers.
Bank: First National Bank.
Tak:
 Olympus Plaza.
Takkode: 258155.
Rekening nr: 62446997407.
Soort: Tjek. 
Verwysing: Donasie (jou naam).
E-pos:  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Nuuste Koronavirus statistieke:

Aflaai van die Die Bronberger Mei weergawe in elektroniese PDF formaat: