Dankie vir hulp Print
News - Briewe
Tuesday, 28 January 2020 14:00
Untitled Document

Wilma van Rensburg van Tiegerpoort skryf:
Na ’n aantal ligte beroertes en vyf weke in verskeie hospitale het ons ’n tydelike, deeltydse tuisversorger vir Ben nodig gekry.

‘n Vereiste was maklike en gereëlde toegang tot vervoer (taxi). Nodeloos om te sê, gereëlde taxi-vervoer bestaan nie in Tiegerpoort nie.

Soos die Bronberg-omgewing ons al telkemale verras het, woon hier toe iemand wat kan help net om die draai van ons. Sy laat haar nie afskrik deur oumens-koppigheid nie en dit is elke dag lekker wanneer sy kom om ons te help om hierdie ‘bult’ uit te klim!
Dankie, Santie.

Brief verkort. – Red