Voelers uitsteek Print
News - Briewe
Tuesday, 25 June 2019 09:12
Untitled Document

Droomvrou van Bronkhorstspruit skryf:
Ek wil net my voelers uitsteek vir ’n reuse skoonmaakprojek, vir Bronkhorstspruit, Delmas Cullinan, Rayton en Ekangala Zithobeni.

As ons miskien met Nelson se 101ste verjaarsdag vir 18 Julie iets kan reël, waar almal in die dorpe betrokke raak, elkeen voor sy eie huis, en elke onderneming voor sy eie perseel. Skole kan ook deelneem.

Ons veg ook teen aborsie, dwelms en maak ons dorpe mooi. Mense skenk plante en ou klere en kos vir minder bevoorregtes en dan maak ons ook plakkers om te veg teen selfoon-gebruik terwyl daar bestuur word. Mense se lewe is in jou hande terwyl jy bestuur.

Ek gebruik droomvrou as naam aangesien ek nie graag bekend wil wees nie. Ek wil weet of daar mense is wat sal belangstel om die projek op die been te bring.

Kontak my by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .