Lank leef die Bronnie Print
News - Briewe
Tuesday, 25 June 2019 09:09
Untitled Document

Naomi Lubbe van Cullinan skryf:
Hi Bronnie! Ek weet nie waar om te begin nie; my hart is te vol, my woorde te min en my trane te vlak.

Ek is ‘n trotse boeredogter en al lyk dinge in ons land baie dae so donker, dan besef ek daar is nog mense en besighede wie se vlam sal brand vir solank daar nog drome is.

Kan jy glo – 200 uitgawes! Baie geluk en mag nog vele 200 mooi geseënde uitgawes volg. Vandag is min verniet en wat ‘n voorreg om deel van hierdie lekker “verniet” te mag wees, al ken ons dit maar nog net vir ‘n kort tydjie.

Weet elke druppel sweet en stres maak ons saam deur en wat ‘n heerlike eindresultaat. Die Bronnie bly ‘n fees om te lees, veral die geskiedenis dele. Waar daar geen verlede is nie, sal daar ook nie ‘n toekoms wees nie.

Lank leef die Bronnie.