Onthou oom Sam Print
News - Briewe
Tuesday, 23 April 2019 12:33
Untitled Document

Rina Van der Merwe van Mooiplaats skryf:
Baie, baie dankie vir julle vinnige terugvoer met die artikel oor Sam McMurray. Ek kon dit vinnig lees.

Ek was die buurvrou van wyle oom Sam McMurray. As nuwe intrekker, destyds, hier in Mooiplaats in 2004, het hy en sy vrou ons verwelkom met ’n perfek gebakte melktert. Ek het onmiddellik die tannie bedank, waarop oom Sam my gewys het dat hy die melktert gebak het.

Onwetende ek. Ek het later in die kuiertjie besef dat perfekte bakwerk, soos die melktert, vir die tannie onmoontlik sou wees oor haar Alzheimer-siekte.

Dankie vir julle wonderlike tydskrif. Geniet dit altyd.