Kwaliteit advertensies Print
News - Briewe
Friday, 07 December 2018 07:58
Untitled Document

Mev C Brand van Garsfontein skryf:
Ek het baie las gehad van middag-somerson op my kamer-venster. Onverwags sien ek toe die advertensie van Provert Blinds in die 16de Verjaardag-uitgawe van die Bronnie (September 2018) en ek besluit daar en dan om te reageer.

Nou wil ek net baie dankie sê aan mnr Folkers de Lange van Provert Blinds (en sy helper) vir flink diens, goeie advies en netjiese werk. Ek is ongelooflik in my skik met die nuwe blinder in my venster.

Dankie, Bronnie, vir kwaliteit advertensies.