Mike tot die redding Print
News - Briewe
Tuesday, 22 November 2016 15:00
Untitled Document

Hetty Dreyer van Pretoria-Noord skryf:
Sal julle asseblief so vriendelik wees om hierdie aan te stuur na Mike Strange? Ek het by ’n betroubare bron gehoor dat hy help met gebrekkige reaksies van stadsrade om lekkasies te herstel.

Ek het op 17 Oktober ’n lek op die sypaadjie by my in Pretoria-Noord gerapporteer aan die metroraad en elke keer net ’n belofte ontvang dat aandag gegee sal word aan die problem. 

Na sewe oproepe en mooipraat kry ek net elke keer dieselfde ‘belofte’. Is ons veronderstel om water te bespaar en dalk ’n boete te kry sodat hulle die water kan vermors? Dis hoe dit voorkom.

Die water stroom al vir drie weke teen die pad af en gaan nou vir die vierde week.

Ons het Hetty laat weet dat Die Bronberger verlede maand vir Mike Strange, raadslid vir wyk 101, genader het vir kommentaar oor ‘n waterlekkasie. Hy het die opvolgwerk gedoen om die lekkasie te laat herstel. Ons weet nie of hy buite sy wyk sal kan optree nie, maar het die inligting vir hom aangestuur. – Red