Vreethans het verdwaal Print
News - Briewe
Tuesday, 26 July 2016 05:11
Untitled Document

Frans Bennett van Olympus skryf:
Met groot waardering vir u pragtige Bronnie asook waardering vir meneer Vreethans van Heerden se artikels in die Bronnie wat ek graag lees.

Net die volgende: die spog nuwe winkelkompleks, Olympus Village, is gebou op Olympus hoewe 65 deur mnr Johan Hatting en andere. Mnr Hatting het hoewe 65 van my gekoop in 2004 met die doel om so ’n sentrum daar te bou. Dit het baie moeite, geld en baie tyd gevat vir die nodige toestemming.

Mnr Christo Vlok se hoewe 61, of Skuldbult soos hy dit genoem het, is twee hoewes vandaar en was teen daardie tyd al vol meenthuise gebou. Mnr Vreethans van Heerden is nog steeds baie welkom by Olympus Village en ons hoop dat hy die ander eetplekke daar ook sal besoek.

Vreethans sê hy is altyd dankbaar as iemand hom die regte pad wys, sou hy verdwaal, maar hy wil net meld dat enige bult waar hy ‘loop sit’, dadelik ‘Skuldbult’ word. – Red