Bronnie se mol-berig word kinderverhaal Print
News - Briewe
Monday, 26 January 2015 21:06
Untitled Document

Mariëtte Richter van Wapadrand skryf:
In Maart 2009 het daar ’n artikel in Die Bronberger verskyn oor ’n Juliana goue mol wat in Wapadrand in die tuin van Fred en Mariëtte Richter deur hulle kat Zaza gevind is: ‘Goue mol op grens van beoogde Wapadrand-ontwikkeling gekry’.

Die vonds het daartoe bygedra dat ’n beplande ontwikkeling in die aangrensende groen gordel bewaringsgebied nie plaasgevind het nie.

Ek het gevind dat veral kinders die gebeurtenis fassinerend vind omdat dit ’n ware verhaal is waarin diere ’n ‘helderol’ speel en ek het ’n kinderstorie daaroor geskryf en geïllustreer wat ek aanlyn gaan publiseer.


Gouelokkies is in Februarie 2009 in Kierieklapperkop nommer een in Thongstraat, Wapadrand gevind

Ek sit ook inligting daarby oor die bedreigde Juliana goue molle en sou graag van die foto’s in julle artikel wou gebruik. Ongelukkig het ek self geen foto’s die dag geneem nie.

Die goeie nuus is dat ek nog gereeld goue mol-tonnels in die tuin vind.

Zaza is intussen dood en is in dieselfde stukkie tuin begrawe.

Ons het Mariëtte laat weet dat sy welkom is om die Bronnie se foto’s met die nodige erkenning te gebruik. – Red