Vreethans van Heerden en Metgesel besoek kuierplekke in die Bronberg-gebied ongenooid en betaal self vir dit wat hulle geniet, of dalk nie geniet nie
Met ’n vorige besoek aan
Egons moes ons hoor dat
die kok by ’n begrafnis is,
‘jammer’. Dié keer was die kok op sy
pos. En die kok is niemand anders as
Egon self nie, vind ons toe uit. Sy
vrou, Petra, is die kroegingenieur.
Om by Egon en Petra se plek, langs
die pad tussen Rayton en die N4 te
kuier, is soos om in vriende se
voorkamer te kuier, merk Metgesel
op. Dis onpretensieus en gemaklik.

Wat ?n mens sien as jy in
Egons se deur staan
Ons sit aan by een van die ou eetkamertafels
en geniet eers ’n ietsie
te drinke terwyl ons die spyskaart
bekyk. Nie ’n verskriklike wye keuse
nie en duidelik met ’n sterk Duitse
inslag, oorheers varkgeregte die
spyskaart.
Hulle is veral bekend vir hulle Eisbein,
sê Egon. Later bring hy een
nader vir ons om te bekyk en dis ’n
bielie. Die Eisbein kos R90.
Ander geregte met ’n sterk
kontinentale oorsprong is Wiener
Schnitzel teen R70, Theringer Bratwurst,
R52, gekrummelde varktjops,
R67 en varkribbetjie teen R64.

Die aansitplek is mooi ou
eetkamertafels
Jy kan ook gekrummelde stokvis
teen R50 bestel, wat toe presies is
wat ek doen. Metgesel bestel gekrummelde
hoenderrepies teen
R44. Sy sê jy kan vir haar bykans
enigiets gee as dit ’n lekker krummel
om het. Sy sê sy is kommin op
daai manier.
Nog op die spyskaart is ‘Rump
steak’ teen R44 en Thai sop met
noedels teen R25, wat nogal
vreemd is op ’n Duitse spyskaart.
 ?n Groot stuk stokvis, perfek
gekrummel
Te laat sien ek op die swartbord
teen die muur dat daar ook beespotjie
beskikbaar is teen net R35.
My vis kom aan en dis nie ’n vissermanstorie
as ek jou vertel dat dit ’n
groooot vis is nie. Ek het saam met
die vis brat kartuffelen bestel en ek
vind dit voortreflik. Die krummel om
die stokvis is perfek vir my en die vis
is net reg gaargedoen. Ek geniet.
Metgesel geniet ook haar krummelhoendertjie
en braai-aartappels.
Eendag as ek baie honger is, sal ek
weer by Egons inval en ’n Eisbein
eet. |